24/11/2015

The Launch of the Centre for Rubber Science and Technology was featured in Die Burger on the 24th of November.

Read a full extract of the article that appeared in Die Burger below:

Sentrum sal rubberwetenskap stu

Port Elizabeth - `n Sentrum wat hernuwing vir die Baai se motor- en buitebandbedryf kan bring, is gister by die Nelson Mnadela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) bekend gestel.

Die NMMU se sentrum vir rubberwetenskap en tegnologie sal rubberverwante navorsing in chemie, rekenaarwetenskap en ekonomie bevorder, en analitiese en tegniese dienste aan plaaslike vervaardigers bied, het dr. Percy Hlangothi, direkteur van die sentrum, gesê.

“Die sentrum sal nie net navorsingsprojekte begin wat die bedryf kan steun nie, maar ook opleidingsprogramme aanbied waarby die vervaardigers baat kan vind.

“Nelson Mandelabaai is die tuiste van die motor- en buitebandbedryf, en die nuwe sentrum getuig daarvan dat die NMMU die streek se behoeftes in ag neem,” het hy gesê.

Dis ook verwelkom deur diegene by NMMU wat danksy Redisa se borgskap reeds navorsingdoen oor buitebandherwinning.

“Tog gaan die sentrum oor meer as net dié nprojekte, want dit omvat die hele bedryf,” het Jaci Barnett, direkteur van die NMMU se kantoor vir innovering, gesê. - Medewerker

 

Contact information
Prof Shanganyane Hlangothi
Assoc. Prof: Physical & Polymer Chemistry and Director: Centre for Rubber Science & Technology
Tel: 27 41 504 2437
Percy.Hlangothi@mandela.ac.za